Water Doop

Water Doop

Ons glo in water doop deur onderdompeling.

Jesus het net twee opdragte vir die kerk gelaat: Hy het eerstens ons opdrag gegee om, die Nagmaal te onderhou - "Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom" 1 Kor 1:26.

Tweedens die opdrag van water doop. Water doop is 'n heilige instelling met 'n spesifieke doel vir die Christen gelowige. Gedurende die tyd van Jesus was daar hierdie arrogante geestelike leiers wat die raadsplan van God nie aanvaar het nie, en ook nie die doop van Johannes nie.

Jesus het gesê dat hulle onvolwasse was en nie die koninkryk verstaan nie. Luk 7:29-35. Hulle ongehoorsaamheid het hulle verhouding met God verbreek en dit het hulle oë verblind vir die koningskap van Jesus.

Die Griekse word vir doop is "baptizo" wat beteken om volledig nat te wees - om volledig onderdompel te word.

Besprinkeling het in gebruik gekom omdat sekere kerk leiers die doel van die doop verwar het en dit gelyk gestel het met bekering en/of die besnydenis.

Die konsep van besprinkeling kom van die populêre heidense Romeinse geloof "Mithra", waar nuwe inisieënte tot die geloof met bloed van 'n bul besprinkel word.  Die konsep was in die Rooms Katolieke geloof geassimileer en kom steeds in hedendaagse kerk sisteme voor, wat van die Roomse Kerk afstam.

 

Die opdrag van die doop

Hand 2:38 "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."

Water doop is nie opsioneel vir die gelowige nie. Jesus sê duidelik aan ons dat ons die Here moet volg in gehoorsaamheid aan Sy word. Diegene wat Jesus as persoonlike Saligmaker aanvaar het in hulle lewens sal graag gehoorsaam wees aan Sy word.

- Matt 28:19 "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees;"
- Mark 16:16 "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word;"
- Hand 8:37  "Toe se Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof"
- Die dissipels het gereeld mense gedoop wat gehoor en geglo het Joh 4:1-2
- Paulus het gesê dat hy nie gestuur is om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, alhoewel hy vir Crispus en Gajus en die huishouding van Stephanus gedoop het 1 Kor 1:13-17

 

Voorbeelde van Doop

Matt 3:13 "Toe het Jesus van Galilea na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word"

Die Bybel is deurtrek met voorbeelde van gelowiges wat in water gedoop is.

Die Here Jesus het homself ook onderwerp aan hierdie praktyk en daardeur het Hy ook opgetree in gehoorsaamheid aan die opdragte van Sy Vader, al het Hy geen Sonde gehad nie.

- Jesus se doop was 'n openbare doop wat baie mense van getuig het. Luk 3:21-22
- Nuwe bekeerlinge in die vroeë kerk is gedoop - Drie duisend. Hand 2:41
- Christene in Samaria is gedoop. Hand 8:12
- Paul is gedoop na sy bekering. Hand 9:18
- Die huis van Cornelius is gedoop na 'n dramatiese uitstorting van God se Gees oor hulle. Hand 10:48
- Lydia en haar hele huishouding is gedoop na hulle bekering. Hand 16:15
- Die tronkbewaarder en sy familie is gedoop nadat hulle die Here aangeneem het. Hand 16:33
- Crispus en die Korintiërs gelowiges is gedoop in water. Hand 18:8
- Die Efesiërs gelowiges is gedoop voor hulle geweet het van die Heilige Gees. Hand 19:1-7

 

Die Manier van Doop

Verskeie kerke het verskillende maniere van doop, alhoewel sonder twyfel, die enigste manier is om die Bybelse patrone en voorbeelde te volg.

- Jesus is gedoop deur onderdompeling. Mat 3:16
- Efesiers 4:5 "een Here,een geloof,een doop"
- Ons word in Jesus in gedoop in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Hierdie formule is deur Jesus self vasgelê.  Matt 28:19

 

Die Doel van die Doop

Rom 6:3 "of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is nie?"

Daar is twee basiese en belangrike redes waarom gelowiges hulle laat doop:
- Dit dien as teken dat ons gered is. Dit is belangrik om uit te wys dat die doop nie ons sonde weg was nie, maar die bloed van Jesus. 1 Petrus 3:21
- Dit is simboliek aan die dood van die ou self in my en daardie ou leefwyse en ons opstanding tot 'n nuwe lewe in Christus. Rom 6:3,4
- Dit word benadruk in Kol12:12 dat wanneer ons afgaan in die water van die doop, ons onsself identifiseer met Jesus in Sy dood, segende dat ons verdien die dood weens ons sonde, ons sê ook dat ons die ou lewe aflê.
- Komende uit die water sê ons aan Hom dat ons saam met Hom loop in vernuwing in 'n nuwe lewe. In eenheid met Hom.
- Hierdie is die begin van ons bruidskap aan ons hemelse Bruidegom.
- Deur die doop gee ons onsself onvoorwaardelik aan Hom en stel ons onsself diensbaar vir Hom, sonder enige voorbehoude. Rom 12:1

 

Die Gehoorsaamheid van Doop

Gal 3:27 "want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee"

Omdat ons opdrag ontvang het om gedoop te word, moet ons gehoorsaam wees. Die Heilige Gees word net gegee aan die wat gehoorsaam is. Hand 5:32

Gehoorsaamheid word die hoeksteen van ons lewe:

- Joh 14:23 "as iemand My liefhet sal hy My woord bewaar"
- 1 Joh 5:3 "en Sy gebooie is nie swaar nie"
- Ons gehoorsaamheid is 'n getuienis vir ongelowiges. I Pet 2:15, Matt 5:16
- Gehoorsaamheid is ons toegang tot die hemel. Matt 7:21
- Gehoorsaamheid bring die ewige lewe. Rom 6:22
- Jesus is die voorbeeld tot gehoorsaamheid. Joh 8:29, Fil 2:8
- Ons moet totaal gehoorsaam wees tot Christus. 2 Kor 10:5

 

Naskrif:

Alhoewel hierdie slegs `n kort basiese dokument is, is daar baie meer skrif en diepte kennis hier rondom vir verdere self studie.

Sterkte met die begin van u nuwe lewe.

Share

Comments

  Comment Your feedback helps us to improve the message we cary

Subscribe: e-Shofar

The e-Shofar is an email newsletter that provides prophetic insight into current event and other news updates.
Thank you for supporting this Ministry.
2 Corinthians 9:6-7

© 2024 Longtom Radio. Some rights reserved. Free to copy and distribute articles and audio programs.