'n Vergelyking tussen die Joodse Huwelikstradisie en die Bruidsgemeente

'n Vergelyking Tussen die Joodse Huwelikstradisie en die Bruidsgemeente

 

Fase 1: Die Verlowing

  • 'n Kontrak word voorberei deur die joodse man - God beplan om die mens van sonde te red.
  • Sy ABBA (Vader) gaan die kontrak noukeurig deur om toe te sien dat alles in orde is - God die vader beplan om sy enigste Seun vir die wereld te gee.
  • Hy gaan na die toekomstige bruid en haar vader en vra haar om te trou - Jesus kom na die aarde om Sy bruid voor te berei.
  • Die belangrikste deel van die huweliks kontrak is die prys wat die bruidegom bereid is om te betaal vir sy bruid - Jesus het die hoogste prys betaal, Hy was gekruisig en het sy lewe vir die wereld gegee.
  • As die kontrak aanvaarbaar vir die bruid en haar vader is, sal hulle 'n glasie wyn skink en daarop drink - 'n Mens moet eers die gestorte bloed van Jesus aanvaar om gered te word.
  • Die man sal dan aan sy toekomstige bruid geskenke gee as 'n bewys van sy liefde - As jy wedergebore word kom woon die Heilige Gees in jou en jy ontvang een of meer van die 9 gawes(1 Kor 12:8-10) van die Heilige Gees.
  • Wanneer die aanstaande bruidegom weg gaan, gaan neem die bruid 'n spesiale bad - Na wedergeboorte word jy gedoop.
  • Op hierdie stadium is die twee wettig getroud, maar nog nie gereed om saam te woon nie. - Jy behoort aan Jesus maar jy is nog nie saam met Hom in die hemel nie.
  • Voor die aanstaande bruidegom haar verlaat moet hy vir haar se dat hy vir haar 'n huweliks kamer (honeymoon suite) gaan voor berei. - Jesus het ons ook belowe dat hy vir ons 'n plek gaan voorberei en dat Hy on weer sal kom haal.
  • Die bruidegom begin dadelik om 'n kamer voor te berei in die huis van sy vader - Jesus is op die oomblik besig om vir ons 'n plek voor te berei in die huis van Sy Vader.
  • Dit kan baie lank neem om die kamer voor te berei. As iemand sou vra wanner die huwelik sal plaasvind, sa die jong man gewoonlik antwoord dat hy nie weet nie. Sy vader moet eers die kamer goedkeur. - Jesus het sy dissipels geantwoord toe hulle Hom vra wanneer Hy weer sal terugkeer dat niemand weet nie, nie eers die Engele nie maar slegs die Vader.
  • Gedurende hierdie wag tydperk sal die bruid haar gereed maak en hou met al die geskenke wat sy ontvang het. - Wedergebore christene moet heilig lewe deur gebruik te maak van die gawes van die Heilige Gees.
  • Die bruidegom wag ongeduldig dat sy vader die kamer moet inspekteer en goedkeur. - Jesus wag ook dat Sy Vader die plek wat Hy vir sy bruid voorberei het, moet inspekteer en goedkeur.

 

Fase 2: Die Huwelik

  • Dit neem die bruidegom nie lank na sy vader se goedkeuring om die bruid te gaan haal nie. - Jesus sal gou kom om sy bruid (die kerk) te kom haal.
  • Die bruid moet altyd 'n lampie vol olie byderhand he aangsien die bruidegom gewoonlik in die nag kom om sy bruid weg te "steel". (lees Mat 25:1-13) - Jesus self het gese dat Hy soos 'n dief in die nag sal terug keer.
  • Die bruidegom word vergesel van sy beste vriende as hy sy bruid gaan haal. - Jesus word vergesel van Sy engele wanneer Hy kom om Sy bruid te haal.
  • Die bruidegom wil die bruid verras, maar hy wil haar ook genoeg tyd gee om reg te maak - Jesus waarsku ons geduring in die Bybel om gereed te wees.
  • Wanneer die bruidegom naby die bruid se huis kom roep hy en blaas op die shofar (rams horing) om sy bruid te waarsku dat hy naby is. - Jesus sal uit die hemel neerdaal met 'n geroep met die stem van 'n aardsengel en geklank van die basuin. (shofar)
  • Die bruidegom neem sy bruid en neem haar vinnig weg - Jesus sal Sy kerk in 'n oogwink wegraap.
  • Sodra hulle by die bruidegom se vader se huis kom gaan hulle in die kamer in wat hy vir sy bruid berei het. Hulle bly hier vir 'n sewe dae wittebrood. Op die eerste nag voltrek hulle die huwelik en sluit hulle verbond om lewnslank aan mekaar getrou te wees. - Die kerk sal vir die 7 jaar verdrukking (tribulation) tydperk in die hemel wees.
  • Hierna het die bruid en bruidegom omgang. Die bruid se humen word gebreek en bloed op die laken is 'n bewys dat sy 'n ware maagd was. - Al jou werke sal getoets word om te sien of dit eg was.
  • Die bruidegom se beste vriend staan buite die deur en wag dat die bruidegom vir hom moet se dat die huwelik nou volbring is. Die bruidegom gee ook die bloed bevlekte laken aan hom. Die vriend wys dit dan aan al die gaste as bewys dat die twee nou een geword het. - Dit is moontlik dat Jesus vir die engele die krone van die wedergebore christene, wat hulle ontvang het as prys vir wat jy op aarde gedoen het, sal wys.

Fase 3: Die Feesvierings

  • Die feesvierings hou vir sewe dae aan. - Die kerk sal in die hemel wees vir sewe jaar
  • Na die sewe dae verskyn die pas getroudes en al die gaste is bly en wens hulle geluk. - Die engele sal jubbel en bly wees as hulle aansluit by die kerk vir die slag van Armageddon
  • Daar word nou 'n onthaal gehou om die bruidegom en bruid te vereer. - Die bruilof van die Lam word in die hemel gevier.
  • Na die onthaal vertrek die bruid en bruidegom na hulle eie huis. - Na die slag van Armageddon sal Jesus en die engele vir 'n 1000 jaar op aarde regeer.

 

 

Share

Comments

  Comment Your feedback helps us to improve the message we cary

Subscribe: e-Shofar

The e-Shofar is an email newsletter that provides prophetic insight into current event and other news updates.
Thank you for supporting this Ministry.
2 Corinthians 9:6-7

© 2024 Longtom Radio. Some rights reserved. Free to copy and distribute articles and audio programs.