22 Redes waarom ek deur Onderdompeling in Water Gedoop moet word

TWEE EN TWINTIG REDES WAAROM EK DEUR ONDERDOMPELING IN WATER GEDOOP MOET WORD


  1. DIE HERE WAS IN WATER GEDOOP.-“En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim..” Matt.3:16 Die Here Jesus was reeds besny toe Hy agt dae oud was. (Luk.1:59; Luk.2:21). Dus die Doop het nie in die plek van die Besnydenis gekom nie

  1. DIE HERE JESUS HET GEREGTIGHEID VERVUL DEUR GEDOOP TE WORD. –“Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul…..” matt.3:15

  1. DIE HEILIGE GEES HET IN DUIDELIKE SIGBARE VERSKYNSEL OP AARDE OP DIE HERE JESUS NEERGEDAAL TERWYL HY IN WATER GEDOOP WAS. –“ En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom  oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom” Matt.3:16

  1. DIE DOOP VAN DIE HERE JESUS IN WATER HET DIE HEMELE GEOPEN. – “En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteensgaan die hemele vir Hom oop… ”Matt. 3:16. Vergelyk wat ons moet doen: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle (ook u wat die lees) gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang” Hand.2:38. Die hemele sal ook vir ons oopgaan.

  1. DIE DOOP VAN DIE HERE JESUS IN WATER WAS WELBEHAAGLIK VIR GOD DIE -  “En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Matt.3:17. Vir elkeen wat hom vandag nog in water laat doop, is dit welbehaaglik voor God.

  1. DIE DOOP IN WATER WAS BESKOU AS ‘N TEKEN VAN DIE MESSIAS. – “En hulle vra hom en sê vir hom waarom doop u dan as u nie die Christus of Elia of die profeet is nie?”Joh.1:25.
  1. DIE DOOP IN WATER WAS GOD SE BEVEL AAN JOHANNES. – “En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop…..” Joh.1:33.

  1. DIE HERE JESUS HET SY BEKEERLINGE IN WATER GEDOOP. – (Ons lees nerens in die Bybel dat die Here Jesus of Sy dissipels een baba gedoop het nie – en daar was baie gelowige ouers wat in Hom geglo het.) “Hierna het Jesus en Sy dissipels na die land van Juda gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop. ”Joh.3:22. “Toe die Here dan verneem het dat die Farriseers gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes – alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar Sy dissipels… ”Joh.4:1,2. 

  1. DIE HERE JESUS HET SY DISSIPELS BEVEEL OM IN WATER TE DOOP. –“Hy wat glo en hom laat doop sal gered word… Mark16:16.”Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees… ”Matt.28:19.”

  1. DIE HERE JESUS HET GESE DAT DIE DOOP IN WATER DEEL IS VAN REDDING. – “Hy wat glo en hom laat doop sal gered word…. Mark.16:16

  1. DIE DOOP IN WATER IS DIE TOONBEELD VAN DIE AFWASSING VAN DIE SONDES. – “En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.” Hand.22:16.

  1. DIE DOOP IN WATER REGVERDIG GOD. – “En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.” Luk.7:29.

  1. DEUR MY IN WATER TE LAAT DOOP AANVAAR EK DIE RAAD VAN GOD. – Maar die Farriseers en die wetsgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.”Luk.7:30.

  1. DIE HERE JESUS HET GESINSPEEL DAT DIE DOOP VAN JOHANNES UIT DIE HEMEL WAS (en nie uit ‘n kerk of sekte nie.) “Die doop van Johannes waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? …. “ Matt.21:25. SAMEVATTING: Uit bogenoemde stellings is dit duidelik dat die doop in water sy oorsprong in die hart van die enige waaragtige God: Vader, Seun en die Heilige Gees het en nie ‘n dwaling of wanbegrip van die sogenaamde sekte of Wederdopers is nie. As ek die Here Jesus se gebooie bewaar (ook Sy gebod om my in water te laat doop) dan het ek Hom lief. - “Wie my gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My liefhet. Joh.14:21

  1. DIE DOOP IN WATER WORD DEUR DIE APOSTELS EN DISSIPELS ONDER LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES BEVEEL.-“Een Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. ”Hand.2:38” en hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die naam van die Here…” Hand.10:48”  “En nou waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sonde afwas.  ”Hand.22:16”

  1. DIE DOOP IN WATER WAS DIE ALGEMENE GEBRUIK VAN DIE EERSTE GEMEENTES. –“Die wat toe Sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op die dag omtrent drie-duisend siele toegebring. “Hand 2:41. “Maar toe hulle Filippus geglo het.. is hulle gedoop, manne sowel as vroue.” (nie hulle kindertjies nie) Hand.8:12. Hand.16:15
    Lidia en haar huisgesin is gedoop.Hand.16:33. Die tronkbewaarder en al sy mense is gedoop. Hand18:8 – Die Korintiërs wat gelowig geword het is gedoop.Hand.19:3 – Die Efesiergelowiges was met die waterdoop van Johannes gedoop.Hand.19:5. - Die Efesiergelowiges “was in die Naam van die Here Jesus gedoop.”

  1. DIE DOOP IN WATER VEREENSELWIG MY MET DIE DOOD, BEGRAFNIS EN OPSTANDING VAN DIE HERE JESUS. – “Omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof en die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. ”Kol.2:12. “Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop en die dood,sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel” Rom.6:4. “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is nie?” Rom.6:3. “Want as ons met Hom saam gegroei het deur die gelykvormigheid aan Sy dood, sal ons dit tog ook wees deur die aan Sy opstanding.” Rom.6:5.

  1. HULLE WAT IN WATER GEDOOP IS, IS MET CHRISTUS BEKLEE. – “Want julle almal wat in Jesus gedoop is, het julle met Christus beklee.” Gal.3:27

  1. DIE DOOP IN WATER IS DIE GEBED TOT GOD OM ‘N REIN GEWETE. – “Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete – deur die opstanding van Jesus Christus.” 1 Petrus 3:21.
  2. DIE DOOP IN WATER RED ONS DEUR DIE OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS. 1 Pet.3:21 – aangehaal in 19 hierbo.

  3. DIE DOOP IN WATER IS EEN VAN DIE GRONDBEGINSELS VAN CHRISTUS.  “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van …. die leer van die doop en van die handoplegging… “Hand.6:1,2.

  4. DIE DOOP IN WATER HET ALTYD GEVOLG OP GELOOF, OP BEKERING, OP BELYDENIS VAN SONDE EN OP DISSIPELSKAP EN HET DIT NOOIT VOORAF GEGAAN NIE. –  “Toe die Here dan verneem dat die Fariseers gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes… “ Joh.4:1  ”Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle….”Matt.28:19.“… en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.” Mark.1:5. “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word…” Mark.16:16. “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word… “ Hand.2:38. “Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het is gedoop…” Hand.2:41. Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense,wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie.  En Hy het bevel dat hulle gedoop moet word… “Hand.10:47,48. Hand.22:16. – Paulus is na sy bekering en geloof in Jesus Christus gedoop. Hand.8:12. – Die Samaritane is gedoop na hulle Filippus geglo het, Hand.8:13. “En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly…” Hand.8:36-38. – Die hofdienaar van Ethiopie moes eers met sy hele hart glo eerdat Filippus hom gedoop het. Hand.16:14,15 –  Lidia en haar huisgesin is gedoop nadat die Here  haar hart geopen het en sy geglo het wat deur Paulus gesê was. Hand.18:8 – Krispus met sy hele huisgesin en ook baie van die Korinthiers. “ het gehoor, het geglo en is gedoop.

DIE WYSE VAN WATERDOOP IS DEUR ONDERDOMPELING.

Die etimologiese betekenis van die woord “doop” in alledaagse of godsdienstige gebruik is, indompel, indoop, insteek, onderdompel. – Die Afrikaanse woordeboek Tweede deel, vergelyk die Griekse woord ‘bapto’ ‘baptozo’ – Engels : to dip, to sink, to immerse – Greek – English Lexicon, Lidell en Scott……

“En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim…”Matt.3:16. En dadelik toe Hy opklim uit die water…. Mark.1:10 “En hy het beveel dat die wa moes stilhou, en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar, en hy het hom gedoop.” Hand.8:38. “En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. Joh.3:23.


WATERDOOP IS DIE HARTLIKE GEHOORSAAMHEID AAN DIE WOORD VAN GOD.

“Daarop sê Samuel: Het die Here behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here. Kyk om gehoorsaam te wees is beter as slagoffers, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarseery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens….” 1 Sam.15:22-24.

“Wie My gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My lief het: en wie My lief het, hom sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.” Joh.14:21.

“Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. “Jesus. Matt.5:19.”….Jesus Christus, onse Here, deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry, onder al die heidene terwille van Sy Naam.” Rom.1:4,5.


Share

Comments

  Comment Your feedback helps us to improve the message we cary

Subscribe: e-Shofar

The e-Shofar is an email newsletter that provides prophetic insight into current event and other news updates.
Thank you for supporting this Ministry.
2 Corinthians 9:6-7

© 2024 Longtom Radio. Some rights reserved. Free to copy and distribute articles and audio programs.