Wegraping (Saamgevat)

Wegraping (Saamgevat)

Sagaría 14:3-5 (AOV) En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog. 4 En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide. 5 En julle sal vlug in die dal van my berge-want die dal van die berge sal loop tot by Asal-en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!

Die gebeure wat hierbo beskryf word vind plaas met die einde van die sewe jaar verdrukking op die aarde. Dit dui duidelik aan dat die heiliges saam met Hom kom.

Sagaría 14:3-5 (NLT) Then the LORD will go out to fight against those nations, as he has fought in times past. 4 On that day his feet will stand on the Mount of Olives, which faces Jerusalem on the east. And the Mount of Olives will split apart, making a wide valley running from east to west, for half the mountain will move toward the north and half toward the south. 5 You will flee through this valley, for it will reach across to Azal. Yes, you will flee as you did from the earthquake in the days of King Uzziah of Judah. Then the LORD my God will come, and all his holy ones with him.

Judas 1:14 (AOV) En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle,

As die heiliges saam met Hom afkom, moes hulle iewers OPGEGAAN het.

Lukas 21:20 (AOV) En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.

In 66 AD word Jerusalem deur die Romeine omsingel en in 70 AD word Jerusalem vernietig.

Lukas 21:21-23 (AOV) Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. 22 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word. 23 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal ‘n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. 24 En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.

Vervulling van hierdie profesie word herhaaldelik in die geskiedenis van die Jode getoon. Daar is egter slegs ‘n sekere tyd vir die nasies en vir die verdrukking van die Jode bepaal. Met die hervestiging van Israel in hulle land het die tydperk van die nasies en van die Kerk op aarde naby sy einde gekom. Hier volg nog `n paar verse wat die einde van die tydperk van die nasies aandui.

Lukas 21:25-28 (AOV) En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, 26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. 27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid. 28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

Hierdie verlossing of ontvlugting kom skielik. Ons moet waak en bid want daardie dag is naby.

Lukas 21:31-36 (AOV) So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. 32 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie. 33 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. 34 Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. 35 Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. 36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug (ekpheugō ,to flee out. G1628) en voor die Seun van die mens te staan.

Handelinge 15:14(AOV) Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.

Handelinge 15:16 (AOV) Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel.

Na die tydperk van die Nasies of heidene verby is draai die guns van God terug na Israel toe.

Romeine 11:1 (AOV) Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.

Romeine 11:11 (AOV) Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.

Romeine 11:25 (AOV) Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

2 Thessalonicense 2:1 (AOV) Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,

2 Thessalonicense 2:6-8 (AOV) En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. 7 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; 8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Génesis 18:23 (AOV) En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?

1 Korinthiérs 11:32 (AOV) Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.

Ons kan as Bruidsgemeente dus nie ook deur die verdrukking gaan saam met die wêreld nie.

1 Thessalonicense 1:9-10 (AOV) Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om die lewende en waaragtige God te dien 10 en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.

1 Thessalonians 1:10 (Ampl) And [how you] look forward to and await the coming of His Son from heaven, whom He raised from the dead-Jesus, Who personally rescues and delivers us out of and from the wrath [bringing punishment] which is coming [upon the impenitent] and draws us to Himself [investing us with all the privileges and rewards of the new life in Christ, the Messiah].

1 Thessalonicense 5:2 (AOV) want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.

Hy kom steel Sy Bruid weg voordat Sy toorn op die aarde ontvlam.

1 Thessalonicense 5:9 (AOV) Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

 

Bybelse tipes:

Lam is `n tipe van die ware Lam van God

Génesis 5:24 (AOV) En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.

Henog stel `n tipe van die kerk of Bruidsgemeente voor.

Noag stel `n tipe van Israel voor wat deur die verdrukking sal gaan.

Johannes 14:1 (AOV) Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.


Waarom word die Kerk nie vanaf Openbaring 4 tot Openbaring 19 genoem nie? Die rede hiervoor is: omdat die Kerk wat haar gereed gemaak het, naamlik die Bruid, weggevoer is na die Hemel.

 

 

Share

Comments

  Comment Your feedback helps us to improve the message we cary

Subscribe: e-Shofar

The e-Shofar is an email newsletter that provides prophetic insight into current event and other news updates.
Thank you for supporting this Ministry.
2 Corinthians 9:6-7

© 2024 Longtom Radio. Some rights reserved. Free to copy and distribute articles and audio programs.