Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie

Wegraping of Hemel en Aarde wat sal verbygaan? (`n opsomming)

Daar word baie gewag gemaak oor hierdie stukkie skrif,veral vers 36:

Mat 24:34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

Mat 24:35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

Mat 24:36 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.

Mat 24:37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Mat 24:38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,

Mat 24:39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Daar is geen verdeling van verse en hoofstukke in die oorsponklike geskrifte nie.
Hieronder het ek die verdelings en verse uitgehaal.

Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.

En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink Het,getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Dit wil voorkom of hier met twee onderwerpe gehandel word nl:
1. Die Hemel en Aarde wat verby gaan, en
2. Die tyd van die koms van die Seun van die mens.

Daar word nie veel meer uitgebrei in die Bybel oor die omstandighede van die verbygaan van die Hemel en Aarde nie, maar geweldig baie tekens van die tye as aanduiding van wanneer die Seun van die mens gaan kom.

Ek wil u aandag vestig op `n paar interesante dinge nl:

Die verwysing na “Soos in die dae van Noag” sluit nie af met die sonvloed nie, maar strek tot 350 jaar verder verby die sonvloed, want dit is hoe lank Noag nog gelewe het.

Noag het nog gelewe om persoonlik tot in die sesde geslag na hom sy nasate te ken.

Dit is ook terloops waarom ons Bloedlyn vloeke en die oorerflikheid daarvan bevraagteken. Dit is bloot aangeleerde gedrag van oupa grootjie tot oupa tot pa tot kinders, want hulle het almal saam gelewe en mekaar geken. (Daar is `n meer volledige studie onder Artikels op ons webtuiste oor hierdie saak met Skrif verwysings)

Moet asb nie komentaar hieroor lewer voor u nie die studie op ons webtuiste deurgewerk het nie.

As ons `n studie maak oor die dae van Noag behoort ons `n duidelike tydlyn te kry van wanneer die Seun van die mens sal terugkeer vir Sy Bruid

1Th 5:1 Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;

1Th 5:2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.

1Th 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie

1Th 5:4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.

1Th 5:5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

1Th 5:6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

1Th 5:7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.

1Th 5:8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.

1Th 5:9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

1Th 5:10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

1Thes 5:1 se dit duidelik dat ons veronderstel is om die tye en geleenthede te ken, daarom hoef ons nie daaroor ingelig te word nie.

1Thes 5: 3 gee die tyd aan van wanneer hierdie gebeurlikheid sal gebeur.

1 Thes 5:4 praat duidelik daarvan dat ons nie in die duister is oor wanneer nie, maar dat on s weet wanneer dit gaan gebeur, en dat dit ons nie sal oorval soos `n dief in die nag nie.

Vir die ongelowige is dit egter `n ander saak. Hulle is in die duister hieroor, en dit gaan hulle oorval soos `n dief in die nag.

1 Thes 5:9 bevestig weereens dat ons as gelowiges nie bestem is vir toorn nie, maar om saligheid te verkry.

Dit is ook nog `n rede waarom ons glo dat ons nie deur die verdrukking sal gaan nie.

God oordeel nie die geregtigde saam met die ongeregtige nie.

Het u geweet dat Adam in sy leeftyd van 930 jaar 56 kinders gehad het,33 Seuns en 23 Dogters.

Daar was tot en met die vloed 260 biljoen mense op die aarde. Ons kan met reg se dat ons ry met ons motors en leef op die stoflike oorskot van daardie mense nl steenkool en gas.

Maar kom ons keer terug na Noag en `n opsomming vanuit Genesis oor die dae van die eindtyd.

In Noag se leeftyd het Nimrod sy Babiloniese reik begin. Weet u dat die Bybel nerens noem dat daardie koninkryk tot niet gegaan het nie, want dit leef steeds tot vandag toe voort in een of ander vorm. Babilon beteken Poort na die gode.

Gen 6:1 Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,

 

1. Bevolkings ontploffing.

Ons beleef tans wereldwyd veral in die verarmde lande `n bevolkings ontploffing.

Gen 6:5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,

2. Boosheid het toegeneem.

Die hele wereld is tans boos.

Gen 6:11 Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.

 

3. Geweld en Korupsie.

Daar is basies nie eens meer een Regering in die wereld wat nie korup is nie.
Geweld is nou `n daaglikse gebeurlikheid oral.

Gen 10:10 En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.

4. Een Wereld Regering.

Alles is in plek vir `n een wereld regering op hierdie oomblik wereldwyd.

Gen 11:6 En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

5.Tegnologie ontploffing (Die ontwikkeling van die Chip)

Rekenaar tegnologie verdubbel elke 18 maande. Vliegtuie, motors ens verbeter gereeld.

Gen 11:9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.

6. Een Wereld Taal. (Rekenaar tegnologie taal)

Jy kan nou `n E pos binne millisekondes na enige plek in die wereld stuur.

Sateliet tegnologie bring jou op die minuut tot binne `n oorlog situasie via televisie.

By hierdie tyd behoort u die prentjie meer duidelik te kry van waar ons is in die tye van die einde volgens die Dae van Noag.

 

Share

Comments

  Comment Your feedback helps us to improve the message we cary

Subscribe: e-Shofar

The e-Shofar is an email newsletter that provides prophetic insight into current event and other news updates.
Thank you for supporting this Ministry.
2 Corinthians 9:6-7

© 2024 Longtom Radio. Some rights reserved. Free to copy and distribute articles and audio programs.