Wanneer die "kerk" verdwaal in valsheid

Wanneer die "kerk" verdwaal in valsheid word dit ‘n vertoonvenster van Afgode diens.


Dit is voorwaar ‘n deurmekaar wereld waarin ons ons vandag bevind met Predikers en Profete wat links en regs Profeteer en wonderwerke doen.

Mense wat onder die "gees" omval en soms rukkings kry en soos honde blaf, soos katte "Miaau" en snaakse bewegings uitvoer wat gewoonlik nie normaalweg uitgevoer kan word behalwe as dit bonatuurlik geskied nie.

Die resep is so oud soos die Wêreld self:

Werk die gehoor goed op met polsende musiek, daarna laat hulle begin saam werk en ligaamsbewegings doen wat vloei saam met die musiek, wissel nou die musiek se tempo en begin op hulle gevoelens te werk deur  te getuig van wonderwerke.  Gemeente samelewing is uiters belangrik. Indien nodig, kry `n paar vooraf gereelde lidmate om in gehoor samelewing te laat vloei asof iets in die gehoor begin gebeur. Die res sal volg.

Die musiek moet saamwerk tot dat die gehoor totaal weg gevoer is .....

Jesus word gevra, "....Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?"

Mat 24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

Die griekse vers lees asvolg:

 wanneerdiekerkmat255

Die woord Christos beteken gesalfde of (anointed)

Die direkte vertaling van die verse lees dus as volg:

Want baie van hulle sal kom in My Naam en sê hulle is gesalfdes en hulle sal baie mislei.

Is dit dan nie snaaks dat baie vandag agter die geslafdes - "anointed" aanhardloop of vlieg om die salwing  - "anointing" te ontvang nie.

Daar is dan klaarblyklik geld om dit te doen maar plaaslik kan hul nie die armes en wese voed nie.

God se Gees is oral, Jy hoef nie rond te jaag daarvoor nie. Dit is binne jou huis, Is jy op die plek om dit te ervaar ?

Mat 24:6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. 7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. 8 Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. 9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat 11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. 12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. 13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

Mar 13:8 Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.

Luk 21:11 En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.

Mat 16:1 En die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle ‘n teken uit die hemel te laat sien. 2 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi. 3 En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?

Mat 24:23 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! (Dieselfde griekse word GESALFDE) of: Daar! -moet dit nie glo nie. 24 Want daar sal valse christusse (Gesalfdes) en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

Hier moet die vers weereens lees:

Mat 24:23   As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is ‘n geslafde! of: Daar! -moet dit nie glo nie. 24 Want daar sal valse gesalfdes en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. 25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. 26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn-moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer-moet dit nie glo nie.

Ek kan seker aangaan en uitbrei oor hierdie saak, Maar miskien moes ons by hierdie tyd self al by ‘n gevolgtrekking uitgekom het.

Ek sluit af met die volgende Versie:

Mat 12:39 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

Die Versoen dood en Opstanding van ons Messias is ons grootste teken van verlossing, en deur Sy Bloed word ons sondes vandag nog weg gewas.

Deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom, tot vandag toe nog.

Daar is inder waarheid geen ander of beter teken as juis dit erens anders in die ganse wereld te vinde nie.

'n Ander interpretasie van die teken van Jona is Jaloesie.

Kan dit moontlik wees dat Jesus ons hier probeer waarsku dat Jaloesie en wedywering onder mekaar in die laaste dae ons visie gaan beinvloed en blokkeer.

Ek laat u met ‘n laaste gedagte of twee.

Waarom hou nie een van hierdie sogenaamde "Wonders" en "Ervarings" nie langer as ‘n week nie ?

Daar is bykans daagliks Suid Afrikaners in die dienste in Lakeland Amerika.

Hoekom kom almal nie hier in Suid Afrika bymekaar en dra die "salwing" aan mekaar oor nie ? Dit kan baie geld, tyd en moeite spaar.

In elkgeval kan Tod Bentley by Profeet Kobus van Rensburg kom leer hoe word dit gedoen sonder agressie.

Ons ware God se wonders en ervarings hou, en het altyd lewens veranderende gevolge en dit is standhoudend.

Mag die Ware Woord en Gees van God ons enigste waarheid wees in hierdie eind tyd.

Jesus Christus is ons enigste Waarheid.

Hy is ons enigste anker.

Klou aan Hom vas.

 

Share

Comments

  Comment Your feedback helps us to improve the message we cary

Subscribe: e-Shofar

The e-Shofar is an email newsletter that provides prophetic insight into current event and other news updates.
Thank you for supporting this Ministry.
2 Corinthians 9:6-7

© 2024 Longtom Radio. Some rights reserved. Free to copy and distribute articles and audio programs.